Guitar tablature for Lente in die boland by Koos Kombuis
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

Koos Kombuis - Lente In Die Boland
Blou Kombuis
----------------------------------

           G                                 D
Daar's 'n dorpie wat ek ken daar tussen die Blouberge
         C           D            G
Van die ower na die eike oor die straat
         G  
Dis die land van Adam Tas
    D
En Simon van der Stel
          C            D             G            
Waar die mense van Gauteng soos die Capies kan leer praat

Dis daar waar ek geswot het, ek het daar leer skryf en lees
Maar die meeste van die tyd van ek in 'n party-gees
Wie kan die werk verstaan
Wie kan die drank weerstaan
As die onderdorp jou roep vir 'n groot, groot fees

         G            D
Dit was lente in die Boland
        C      D      G
In ons mees gesuipte jaar
          G            D
Daar was Tassenberg in elke glas
           C    D      G
O, die hormone het baljaar
        G                 D
Stellenbosch was niemandsland
          C      D       G
Eksamens ook net om die draai
              G
Maar ons was jonk gewees
            D
En ons was dronk gewees
          C           D        G
Die hele lewe was 'n bring en braai

In die Akker en die Dros het ons oor naweke gedrink
En vir vriende en mooi meisies hul glase vol geskink
By die riviertjie by die Laan het ons al stywer gegaan
Om te kafoefel en te vry in die lug van die maan

Ek het haar daar ontmoet, sy was so oulik en so soet
Die meisie van my drome, ja dis waar
Nou woon ons in 'n huisie, en ek onthou nog daardie wysie
Van die gejol en die gefuif in ons beste jaar

Dit was lente in die Boland
In ons mees gesuipte jaar
Daar was Tassenberg in elke glas
O, die hormone het baljaar
Stellenbosch was niemandsland
Eksamens ook net om die draai
Maar ons was jonk gewees
En ons was dronk gewees
Die hele lewe was 'n bring en braai


Hallo daar almal. Jasper van Zyl en WP du Plessis (alombekend as die hoogs berugte Mr. P)
aan die woord. Ons weet almal dat daar 'n MASSIEWE aanvraag na Afrikaanse kitaarmusiek op
die internet is en daarom het ons besluit om hierdie KLAS tab op die internet te plaas.
Moet ASSEBLIEF nie suinig wees as jy enige Afrikaanse kitaarliedjies ken en kan speel nie.
ONS STEL BELANG. Jou medemens stel belang. Komaan, help die mense met kosvoorraad, donasies
en kitaartabs. Ons het.  Jy kan!
E-mail my gerus by jaspervanzyl@mailbox.co.za vir enige terugvoer of vrae. Sien weer as die
tyd reg is.
Ons kan ongelukkig nie verantwoordelik gehou word vir enige teleurstelling, psigose,
radioaktiewe vergifting of skaakspelnederlae wat met hierdie tab verbind kan word nie.


---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------