Guitar tablature for Kinders van die wind by Laurika Rauch
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

Laurika Rauch - Kinders van die Wind
------------------------------------

    C            C
Ek ken 'n ou ou liedjie
     F            C
Van lewenswel en wee
     C            C
Van lank vergane skepe
F        C/G    G       C
In die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog die deuntjie draal
Soos lank vergane grepies uit
'n Baie ou verhaal

     G               C
Van swerwers sonder rigting
     G                 C
Van soekers wat nooit vind
    C            C     F
En eindelik was almal maar
      C/G    G       C
Net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net 'n kind kon raai

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar net
Kinders van die wind


Hallo daar almal. Ons weet almal dat daar 'n MASSIEWE aanvraag na
Afrikaanse kitaarmusiek op die internet is en daarom het ek besluit
om hierdie tab op die internet te plaas. Moet ASSEBLIEF nie suinig
wees as jy enige Afrikaanse kitaarliedjies ken en kan speel nie. ONS
STEL BELANG. Jou medemens stel belang. Komaan, help die mense met
kosvoorraad, donasies en kitaartabs. Jy kan!

E-mail my gerus by jaspervanzyl@mailbox.co.za vir enige terugvoer of
vrae. Sien weer as die tyd reg is.

---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------