Guitar tablature for Kinders van afrika feat. lochner de kock by Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

Richard vd Westhuizen & Lochner de Kock
Kinders van afrika

D  
Die kinders van afrika sit langs die vuur,
Em     g d a
Krap in die louwarm as

Verhale en mites vervlieg in die nag,
Em      g a d
Die toekoms is 'n storie uit pas

  em      d 
Die jare het hul in die stampblok gemaal
   g     a
Met wette geskaaf en geskaal
    em       d
Hul gisters het hul in die nanag verlaat
  g     a
Verblind, afgesonder, gehaat

   d          em
Die kinders van afrika stook nou die vuur,
     g d a
Blaas op die rooiwarm as
  d  
Verhale en mites herrys in die nag,
   em      g a d
Legendes word weer aangepas

   em      d
En die jare val weg soos 'n ou droe blaar
   g    a 
Vergete, ontwapen, ontaar
      em      d      
Die dae herrys as die nanag breek
    g      a
Soos 'n phoenix wat alles wil weet

 d
En die kinders van afrika loop deur die land,
em         g  d a 
Met fakkels wat die duister laat vlug
D
Skadu's verhelder, verdwyn in die brand,
  em       g a d
En die duister maak plek vir die lig



   em       d
En die nuwe dag breek met 'n vrugwater vloed
G     a
Helder en warm vol bloed
    em       d 
Met geboorte van kennis word die duister verdryf
       g     a 
En met die stem van 'n kind wat uitroep

    d    
Kom kinders van afrika, kom saam met ons,
   em      g d a
Kom laat ons die ligdag begroet
    d
Vergeet van die duister se ketting en slot,
 em     g a d
Kom laat ons mekaar nou ontmoet


N'kosi sikelel iafrika


---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------