Guitar tablature for Brixton dae by Brixton Moord en Roof Orkes
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

Brixton Moord En Roof Orkes - Brixton Dae
-----------------------------------------


Verse is almal D  G  D  Em
Koor is C  G  D  Em

Hoor die seine van die Brixtontoring
Volg die ritme van die honde wat blaf
Bingo in Highstraat, junkies wat lag
Maar ons sit tevrede by die Abelarde en wag

(vir) beter dae, vir beter dae,
vir beter dae, want vandag was kak

Hoor die sirenes wan een nul dubbel een
Hoor die skote in Westbury klap
Die sente van 'n bedelaar, die rande van 'n pusher
Koop nie die vrede wat ons almal voor wag

Soos al die dae, soos al die dae,
Soos al die dae was vandag maar kak

Ek hoor daar's 'n kraak in die watertoring
Maar Khetso gee ons geld vir die W�reldbank
Nie 'n boom in sig in downtown Brixton
Wat wil white trash nou met koelte maak?

(Gee my) beter dae, beter dae,
Beter dae, want vandag was kak

Gee jou hart vir Hillbrow, sy skop jou in die gat
Melville gee jou sooibrand en Rosebank steel jou geld
Yeoville is te hecktick en Orangegrove te ver
Maar in Brixton wag ons in die local bar

(Vir) beter dae, vir beter dae
Veter dae, want vandag was kak


Hallo daar almal. Jasper van Zyl en WP du Plessis (alombekend as die hoogs berugte Mr. P)
aan die woord. Ons weet almal dat daar 'n MASSIEWE aanvraag na Afrikaanse kitaarmusiek op
die internet is en daarom het ons besluit om hierdie KLAS tab op die internet te plaas.
Moet ASSEBLIEF nie suinig wees as jy enige Afrikaanse kitaarliedjies ken en kan speel nie.
ONS STEL BELANG. Jou medemens stel belang. Komaan, help die mense met kosvoorraad, donasies
en kitaartabs. Ons het.  Jy kan!
E-mail my gerus by jaspervanzyl@mailbox.co.za vir enige terugvoer of vrae. Sien weer as die
tyd reg is.
Ons kan ongelukkig nie verantwoordelik gehou word vir enige teleurstelling, psigose,
radioaktiewe vergifting of skaakspelnederlae wat met hierdie tab verbind kan word nie.

---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------