Guitar tablature for Dis heerlike lente by Volksliedere
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

Volksliedere - Dis Heerlike Lente
---------------------------------

     G        D
Dis heerlike lente, die winter's verby
    D7         G
Weer nodig die velde vir jou en vir my
G    D
Holadrioha, holadrio
    G
Holadrioha, holadrio

Daar's dou op die blomme, die dagbreker fluit
Ons beur deur die klowe die opdraandes uit
Holadrioha, holadrio
Holadrioha, holadrio

Van hier waar die varkblom en vleiriete groei
Tot daar waar die aalwyn en kanniedood bloei
Holadrioha, holadrio
Holadrioha, holadrio

Al ho�r en ho�r na bowe te voet,
Om hoog op die kruine die rooidag te groet
Holadrioha, holadrio
Holadrioha, holadrio

Daar's krag vir die spiere op vaderlands-grond
Die vroe-vroe� m�re het goud in die mond
Holadrioha, holadrio
Holadrioha, holadrio


Hallo daar almal. Jasper van Zyl en WP du Plessis (alombekend as die hoogs berugte Mr. P) aan die woord. Ons weet almal dat daar 'n MASSIEWE aanvraag na Afrikaanse kitaarmusiek op die internet is en daarom het ons besluit om hierdie KLAS tab op die internet te plaas. Moet ASSEBLIEF nie suinig wees as jy enige Afrikaanse kitaarliedjies ken en kan speel nie. ONS STEL BELANG. Jou medemens stel belang. Komaan, help die mense met kosvoorraad, donasies en kitaartabs. Ons het.  Jy kan!
E-mail my gerus by jaspervanzyl@mailbox.co.za vir enige terugvoer of vrae. Sien weer as die tyd reg is.
Ons kan ongelukkig nie verantwoordelik gehou word vir enige teleurstelling, psigose, radioaktiewe vergifting of skaakspelnederlae wat met hierdie tab verbind kan word nie.

---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------