Guitar tablature for Jakaranda Strate by Valiant Swart (tabbed by Frikkie!)
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

Valiant Swart - Jakarandastrate
-------------------------------

G  D  C

G    D     C    G  D         C    G
Jakarandastrate   roep my vanaand
    D              C       
Ek luister na die liedjie op die wind
       G       D            C
En ek volg my hart waar hy gaan
       G       D            C
Ja ek volg my hart waar hy gaan

D               Em
Jare gelede vaar ek na die vreemde
     G                      D    Dsus4
Met drome wat sweef op die wind
    D                   Em
My hart se begeerte om lewensgeheime
    G                  D    Dsus4
In onbekende stede te vind

My voetspore kruis kontinente en eilande
Nêrens kon grense my bind
Oor kronkelende strate en silwer promenades
Soek ek na die reënboog se punt

Jakarandastrate roep my vanaand
Ek luister na die liedjie op die wind
En ek volg my hart waar hy gaan
Ja ek volg my hart waar hy gaan

Te lank het ek gewandel oor wildvreemde paaie
Te ver het ek gesoek na die kruis
Die spore na geluk loop in sirkels en draaie
En lei my terug na die huis

Jakarandastrate roep my vanaand
Ek luister na die liedjie op die wind
En ek volg my hart waar hy gaan
Ja ek volg my hart waar hy gaan
(Repeat tot Fade)

(Tabbed by Manie Ferreira)

---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------