Guitar tablature for Etikette Op Jou Koffer by Valiant Swart
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

     SONG: Etikette Op Jou Koffer
   ARTIST: Valiant Swart & Mel Botes
    ALBUM: @ Jinx

G
Daar's etikette op jou koffer van die paaie wat jy loop
'n Warboel van bestemmings wat ewig by jou spook
C       G
Al daai ver af stede in elke vreemde land
D     C   G
Al daai stempels in jou paspoort wat merke op jou brand

As ek kon sou ek elke nag lang briewe vir jou skryf
Na jou posbus in die vreemde na jou eensame verblyf
Oor my lewe wat nie deel is van jou nuwe huis
Oor ons liefde wat wegdryf oor ons eensame reis

As jy maar net kon weet hoe ek nagte aan jou dink
Hoe jou fotos elke dag vervaag en verder weg sink
Hoe ek veg om herhinneringe uit niks weer op te roep
En hoe ek in my drome deur stegies en stede na jou soek

Kom terug na my vandag kom drink vanaand my wyn
kom besweer my hart se vrees die bang word vir alleen wees
Kom vat my hand en joune kom ons loop saam oor die sand
Dat ons spore vurig saam smelt soos die hartstog in ons brand




---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------