Guitar tablature for Balans by Klopjag (tabbed by DirkBlom)
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

verse | D A Bm G
chorus | D_ A F#m G

ek verloor my balans
te vroeg om te weet
hoe ver ek gaan val

maar ek steel dit terug
as jy nie kyk nie
want jy mag nie sien nie
maar jy moet weet

ek verkies wakkerbly en dink
bo slaap en droom
as ek bly lê

maar jy verwag
ek moet wakkerbly en droom
wakkerbly en droom
terwyl jy dans

want dis klaar te laat vir my as ek verniet begin baklei
om my sinne by jou terug te kry
ja dis klaar te laat vir my as ek verniet begin baklei
om my sinne by jou terug te kry

ek verleer my balans
en verloor my gehoor
as jy vir my met stomheid slaan

ek probeer verstaan
wat dit is wat jy wil hê
as jy sê wat jy sê

ek glo nogsteeds
dit is beter om eerder
te veel te voel as te min

so sal jy my daarvan laat hoor
as jy dalk jou balans wil verloor

want dis klaar te laat vir my as ek verniet begin baklei
om my sinne by jou terug te kry
ja dis klaar te laat vir my as ek verniet begin ...
...baklei
om my sinne by jou terug te kry

---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------