Guitar tablature for Sondagmiddag by Kobus
#----------------------------------PLEASE NOTE---------------------------------#
#This file is the author's own work and represents their interpretation of the #
#song. You may only use this file for private study, scholarship, or research. #
#------------------------------------------------------------------------------##

Song: Sondagmiddag
Groep: Kobus!
Album: Kobus!
Getab deur: Frostie

Sondagmiddag - Kobus!

A
Wat meer kan jy vra?

Wat is nou beter om
   E
'n Sondagmiddag met jou mense te deel?
    A
Die sonnetjie skyn vriendelik

Deur die wolke so wit
    E
Die kinders baljaar

En die oumense sit
   D
Ek le^ op die mat en strokies lees
      E
En my dogertjie kruip nader

Om 'n soentjie te steel
   D
My vroutjie en ouma werskaf

In die kombuis
       E
En die geur van 'n braaiboud

Trek deur die huis

Wat meer kan jy vra?
Wat is nou beter om
'n Sondagmiddag met jou mense te deel?
Vlinders fladder vriendelik
Om die sonsambreel
Oupa knip 'n uiltjie
Buite by die prieel
Nog vriende en familie begin nou op te daag
En ons sit en gesels
En ons skerts en ons lag
Die huis is met vriendskap
En liefde gevul
In hierdie luilekker
Somersondagmiddag gehul

Wat meer kan jy vra?
Wat is nou beter om
'n Sondagmiddag met jou mense te deel?
Ons sit aan vir die fees
Oupa se^ die gebed en hy vra dank
Vir die liefde en geluk wat ons het
Ek soen my vrou en ek kerf die vleis
En almal smul heerlik aan die geurige spys

Wat meer kan jy vra?
Wat is nou beter om
'n Sondagmiddag met jou mense te deel?

Die huis is met vriendskap
En liefde gevul
In hierdie luilekker
Somersondagmiddag gehul
Ek voel hartseer as dei mense
My totsiens kom soen
So ons sal volgende week
Maar weer dieselfde moet doen!

Wat meer kan jy vra?
Wat is nou beter om
'n Sondagmiddag met jou mense te deel?

---------------------------
This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------